Your Recipe Blog

CECILIA SE PATATTERT

by Your Recipe Blog

Rina Kleinhans
Posted by
40 min.
Prep: 30 min. | Cook: 40 min.

CECILIA SE PATATTERT

  • 125 g botter
  • 200 ml bruin suiker
  • 3 eiers
  • 5 ml vanilje geursel
  • 750 ml geskilde, gaar gestoomde oranje patats (geen waterigheid)
  • 250 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 – 10ml gemengde speserye (hoeveelheid hang van jou smaak af)
  • 2 ml sout
  • Kaneel suiker vir wanneer tert uit die oond kom

Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer 25 cm tertbak met botter.
Verroom botter en suiker saam.
Klits eiers een vir een by en meng goed.
Voeg vanilje geursel en patats by en meng goed.
Sif al die droë bestandele saam en vou in die patat mengsel in.
Giet in tertbord in en bak 40min of tot gaar.
Sprinkel kaneel suiker oor as die tert warm uit die oond kom.
Bedien warm of koud. Saam met braaivleis of lekker genoeg om as koek te bedien.

Resep en foto: Cecilia Richards

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5