Your Recipe Blog

BROCCOLI HOENDERGEREG

Recipe by
Cook: 35 - 40 minute

BROCCOLI HOENDERGEREG

  • 2 koppe broccoli, in stukkies gesny
  • 3 koppies gaar hoender, in blokkies gesny
  • 1 blik romerige hoendersop
  • 1 koppie mayonnaise
  • 3 teelepel kerriepoeier
  • 100 ml melk
  • sout en peper, na smaak
  • Bolaag:
  • 100 ml botter, gesmelt
  • 2 koppies broodkrummels
  • 1½ koppie gerasperde kaas

Kook broccoli vir 5 minute tot medium sag. Dreineer en plaas in mengbak. Voeg die res van die bestanddele by, meng goed en skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Meng die bestanddele vir die bolaag in ‘n aparte mengbak en strooi bo-oor.
Bak 35 – 40 minute by 180Cº tot goudbruin.
Bedien met rys en groente.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5