Your Recipe Blog

BOEREWORS GROENBOONTJIEBREDIE

BOEREWORS GROENBOONTJIEBREDIE

“Ek het vanaand lus gehad vir groenboontjiebredie, maar het nie stowe skaapvleis gehad nie. So, toe besluit ek om dit wat ek het, in ‘n vinnige aandete te verander – met die geure van tradisionele groenboontjiebredie. So, hierdie is ‘n boerewors groenboontjiebredie, bedien met blomkool mash. Gaar in 30 minute – maar met die geure van ‘n stadig-gekookte, tradisionele groenboontjiebredie. Net reg vir ‘n weeksaand.”

  • olie, vir vlakbraai
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g boerewors, in 2 cm stukke gesny
  • 15 kersietamaties, elk in 3 skyfies gesny
  • 1½ koppies gevriesde groenboontjies (of vars as jy het)
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 25 ml worcestershire sous
  • 2 eetlepels allspice
  • ½ teelepel naeltjies
  • 1 teelepel neutmuskaat
  • 2 teelepels balsamiese asyn
  • sout en peper, na smaak
  • 1 teelepel  suiker of suikerplaasvervanger

Braai ui en knoffelhuisies in olie tot deurskynend. Voeg wors by, en braai 10 minute tot bruin. Voeg res van bestanddele by, en prut totdat sous halfpad tot twee-derdes weggekook het (so souserig as wat jy dit wil hê), die die groenboontjies sag is.
Bedien met rys of ‘n kapokfyn groente van jou keuse (aartappel of blomkool).

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5