Your Recipe Blog

BLATJANG MAYONNAISE VARKNEK TJOPS MET GEBAKTE AARTAPPELS

Recipe by
Cook: 60 minute

BLATJANG MAYONNAISE VARKNEK TJOPS MET GEBAKTE AARTAPPELS

  • 4 varknek tjops
  • sout en peper
  • paprika
  • 90 ml blatjang
  • 25 g wit of bruin uiesoppoeier
  • 90 ml mayonnaise
  • 240 ml water

Geur die tjops  met sout, peper en paprika en braai vinnig om elke kant te verbruin.

Meng die res van die bestanddele saam totdat die soppoeier opgelos het.
Rangskik die varktjops in ‘n kasserol en giet die blatjangmengsel oor.
Bak en rooster 30 minute in ‘n 200°C voorverhitte oond.
Sny die aartappels in die helfte en prik die oop plat kant met ‘n sosatie stokkie.
Bedruip met olyfolie en geur met aartappel speserye.
Plaas dit 30 minute voor die varktjops in die oond.
Strooi gerasperde kaas en tiemieblare die laaste 30 minute saam met die tjops oor die aartappels.
Bedien met ‘n slaai.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5