Your Recipe Blog

BESONDERSE LEKKER BOBOTIE

Recipe by
Cook: 45 minute

BESONDERSE LEKKER BOBOTIE

Made my first Bobotie and yellow rice today.

  • 2 dik snye witbrood
  • 500 ml melk
  • olie vir braai
  • 2 groot uie, gekap
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 5 ml gemmer
  • 15 ml kerriepoeier
  • 5 ml paprika
  • 5 ml borrie
  • 75 g pitlose rosyne
  • 1 kg bees maalvleis
  • 1 pakkie beestert soppoeier
  • 2 eiers
  • 2 ml droë mosterd
  • sout en peper na smaak

Week die brood in 250 ml van die melk. Verhit bietjie olie in ‘n kastrol en braai die uie daarin tot sag en goudbruin. Voeg die appelkooskonfyt, gemmer, kerrie poeier, paprika, borrie en rosyne by. Roer goed deur. Voeg nou die maalvleis by en braai tot die vleis gaar is. Haal van die stoof af.
Voeg die soppoeier by en die geweekte brood. Klits die eiers, oorblywende 250 ml melk, mosterd en sout na smaak saam. Voeg die helfte van die eiermengselmengsel by die vleismengsel.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak uit.
Giet die res van die melkmengsel bo-oor en druk ‘n paar lourierblare in, indien verkies.
Bak vir ongeveer 45 minute teen 180ºC.
Bedien warm.

Resep geplaas deur Heidi-Luise Lotze
Foto: Heidi-Luise Lotze

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5