Your Recipe Blog

BEESVLEISBREDIE IN DIE DRUK POT

BEESVLEISBREDIE IN DIE DRUK POT

  • 1 kg bees dikrib  (bene, vet en senings verwyder) in blokkies gesny
  • 3 eetlepels olyf olie
  • sout en peper na smaak
  • 1 groot ui in blokkies gesny
  • 2 knoffel huisies, fyngekap of 1 teelepel fyn gekapte knoffel
  • 3 medium aartappels, in kwarte gesny
  • 2 wortels in blokkies gesny
  • 1 “beef stock” blokkie opgelos in 250 ml kookwater
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 lourierblare
  • 1 teelepel gedroogde tiemie (thyme)
  • 1 koppie “All Joy tomato and herb” pasta sous

Sit die druk pot op “saute” en sit 1 eetlepel olyf olie in die pot,  laat die olie warm word.
Sit van die vleis in die pot en laat dit braai. Braai die vleis, nie te veel op ‘n slag nie, tot bruin.
Gooi sout en peper na smaak oor.
Laat die vleis bruin word aan albei kante en haal uit die pot uit.
Verwyder al die vleis uit die pot uit en sit in ‘n bakkie eenkant.

Sit die gekapte ui in die pot met nog 1 eetlepel olie en braai tot deurskynend.
Sit die knoffel by en braai nog so 30 sekondes.
Gooi die opgeloste sousblokkie by en “deglaze” die pot. (Skraap al die bruin stukkies van die bodem af maar moenie verwyder nie ( dit het baie geur)

Plaas die aartappels, wortels, Worcestersous, loerierblaas en tiemie in die pot.
Sit ook die vleis terug in die pot saam met die vleis sappe wat in die bakkie is. Roer alles goed saam.
Sit die koppie All Joy Pasta sous by, maar moenie roer nie. Maak die pot toe en stoom vir 30-35 minute.
Nota:
Maak pot oop en verdik sous met bietjie maizena of bisto. Ek het nie nodig gehad om myne te verdik nie, maar as die sous nog nie dik is nie, kan dit so verdik word.
Ek het die bredie bedien met rys, soet pampoen en groen boontjies wat ek fyngemaak het met ‘n hand blender.

Resep en foto: Juanita Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5