Your Recipe Blog

BBQ PULLED PORK – VLENTERTJIES VARKVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 5-6 ure | Servings: 25 mense

BBQ PULLED PORK – VLENTERTJIES VARKVLEIS

Ek het gister die pulled pork vir my dogtertjie se verjaarsdag partytjie gemaak en dit was ‘n reuse sukses. Baie dankie vir almal se raad.
Wat ek wel gevind het, is ‘n slow cooker werk nie vir my so lekker nie. Ek het helfte van die vleis in die oond gemaak en helfte in die slow cooker en die vleis in die oond was binne 5 ure gaar, sappig en heerlik sag. Die vleis in die slow cooker was na 6 ure nog glad nie gaar nie. Ek het die vleis uit die slow cooker gehaal en in die oond gesit vir nog so 1.5 ure en die vleis was heerlik sag en sappig. Wanneer ek dit weer maak, sal ek net gebruik maak van die oond.
Ek het ook varknek gebruik in plaas van die skouer of Porkbutt soos meeste resepte dit noem. Die slaghuis se blokman het vir my gesê die nek is lekkerder en droog nie so vinnig uit nie en hy was heeltemal reg. Sal dit net met varknek maak. Geen bene en meeste vet is verwyder.

  • 5.9 kg vark nek
  • 1 botteltjie bier of cider van jou keuse (ek het Hunters dry gehad en dit gebruik)
  • Droë invryf mengsel:
  • 3 eetlepels paprika
  • 1 eetlepel knoffelpoeier
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 eetlepel mosterdpoeier
  • 3 eetlepels growwe seesout
  • Braaisous:
  • 1 ½ koppie appelasyn
  • 1 koppie geel mosterd
  • ½ koppie tamatiesous
  • ⅓ koppie bruinsuiker
  • 1 eetlepel gekneusde knoffel
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel rooipeper (cayenne)
  • ½ teelepel swartpeper

Berei die vark voor ten minste 12 ure voor dit gekook gaan word sodat die droë invryf mengsel mooi kan intrek in die vleis in. Ek het die droë mengsel aangemaak en in ‘n bak gesit. Ek het die vleis in ‘n ander bak gesit en stuk vir stuk met die droë mengsel bedek en dan met kleefplastiek toegedraai.

Nota:
Ek het 5 groot stukke gehad en moes die droë mengsel 2 keer aanmaak om al die vleis te bedek. Ek het dit nie dubbel aangemaak nie, want ek was bietjie skrikkerig vir die hoeveelheid sout wat dit bevat.

Na die 12 ure haal uit die yskas en voorverhit die oond tot op 140°C.
Plaas die vleis in ‘n oondskottel. Giet ‘n botteltjie bier of cider oor die vleis en maak oondskottel toe.
Plaas in oond tot gaar (so om en by 5 – 6 ure). Kyk so nou en dan om seker te maak daar is genoeg vloeistof sodat vleis nie aanbrand nie. Sodra vleis gaar is, pluis die vleis en hou eenkant.
Plaas al die bestanddele vir die braaisous in ‘n kastrol  en kook tot die suiker opgelos het.
Skep die sous oor die vleis en meng goed deur om seker te maak alles is mooi bedek.
Bedien warm saam met vars rolletjies en kool slaai.

Nota:
Daar is nog heelwat vleis oor wat ek gaan vries en ‘n pastei van gaan maak in die week vir aandete.

Resep geplaas deur Juanita Vermeulen
Foto’s: Juanita Vermeulen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5