Your Recipe Blog

BASILIEKRUID PESTO EN VARIASIE RESEPTE

BASILIEKRUID PESTO EN VARIASIE RESEPTE

  • 1 liter vars basiliekruid, taamlik styf ingedruk
  • 2-3 knoffelhuisies
  • 25 g dennepitte
  • 25 g of meer gerasperde parmesaankaas
  • 100 ml olyfolie
  • Sout na smaak
  • Kook water en Yskoue water (met ysblokkies nog beter)

Stroop die basiliekruid van die stingels af, doop in die kook water vir paar sekondes en dadelik in die koue water.
Maak die knoffelhuisies skoon, strooi sout oor en kneus dit.
Versap die basiliekruid, knoffel, dennepitte, kaas, sout en bietjie van die olie in ‘n voedselverwerker tot ‘n dik pasta. Verwerk die res van die olie bietjiegewys by die pasta.
Skep die mengsel in ‘n houer wat dig seël en bewaar dit tot ‘n maand in die koelkas.

VARIASIE:

Vervang die dennepitte met amandels of sonneblom sade

Vervang die basieliekruid met pietersielie of gebruik om die helfte.

Vervang die parmesaankaas met feta kaas

Lekker idees vir die gebruik van Pesto:

Pesto frikkies :

  • Meng die volgende:
  • 450-500 g gemaalde vleis(kalkoen/hoender)
  • ½ koppie broodkrummels
  • ½ kkoppie pesto
  • ¼ kp melk
  • ¼ kp parmesaan

Vorm klein bolletjies en braai in ‘n braaipan met bietjie olyfolie vir 10-12 min.

Frikkies is pesto roomsous:
Maak bogenoemde resep en wanneer net gaar voeg die volgende by:
1 koppie hoenderaftreksel (knorr of self gekook)
¼ koppie pesto (bogenoemde resep)
Kook stadig totdat die frikkies gaar is, haal van die plaat af, roer ½ koppie room in en laat net stadig deurkook, bedien met pasta of rys van u keuse

Pesto Burgers:
Maak bogenoemde resep maar ipv bolletjies, maak patties en braai in bietjie olyf olie of onder die rooster in die oond net tot gaar. Sny Ciabatta rolletjies middeldeur en rooster liggies, smeer met pesto, sit mozzarella, patties, tamatie en blaarslaai op en bedien.

Pesto Pizza:
Sny ‘n Franse brood in die lengte deur. Smeer pesto op elke sny, pak met ham/ salami of vleis van jou keuse, sit mozzarella en parmesan kaas op, plaas onder die rooster tot die kaas gesmelt is.

Pesto Botter :
Meng ¾ koppie pesto met 4 eetlepels sagte botter.

Geroosterde pesto mielies:
Rooster of stoom mielies, smeer met pesto botter en sprinkel pamesaan kaas bo-oor.

Pesto Soet patats:
Bak heel soet patats in die oond tot sag. Sny in kwarte in die lengte, smeer met presto en bedien.

Room Tortellini (pasta) :
Kook pasta volgens aanwysings op die verpakking.
Kook 1 koppie room en ¼ koppie pesto tot dit begin verdik.
Roer ¼ koppie gerasperde parmesaan kaas in.
Meng ongeveer 340 g pasta en 2 koppies gestoomde broccoli by.
Soos verkies kan hier hoender of ham bygeroer word.

Pesto Primavera slaai:

  • 340 g gaar penne/pasta
  • 4 koppies gestoomde groente
  • 1 koppies blokkies mozzarella
  • ¾ koppie pesto
  • ¼ koppie gerasperde parmesan

Meng lekker deur en gooi amandels kerwe oor.

Pesto Mossels:
Soteer 4 opgesnyde knoffel vingers in bietjie olyfolie tot goud bruin ongeveer 2 min.
Voeg ongeveer 900 g mossels en 1 koppie wit wyn by.
Plaas deksel op en kook tot die mossels oopgemaak het, ongeveer 4 min.
Roer 3 eetlepels pesto in. Bedien op pasta of as voorgereg.

Pesto Groenboontjies:
Meng 500 g gestoomde groenboontjies met 3 eetlepels pesto en die sap van 1 suurlemoen.

Pesto Aartappels slaai:
Kook jou aartappels en laat effens afkoel, roer nou 1 koppie mayonnaise, 3 eetlepels pesto en die sap van 1 suurlemoen lekker saam en meng deur jou aartappels.

Pesto Hoender slaai:

  • 4 koppies gaar hoender
  • ½ koppie seldery
  • ¼ koppie elk rooi uie, neute en “crispy” gaar spek
  • Meng apart:
  • ¼ koppie mayonnaise
  • ¼ koppie suurroom
  • 3 eetlepels pesto

Meng deur hoendermengsels. Bedien

Pesto Eierslaai:

  • 8 grof opgesnyde hard gekookte eiers
  • 1 koppie seldery
  • 2 eetlepel gerasperde rooi uie
  • Meng  die volgende saam:
  • 1/4 koppie mayonnaise
  • 2 eetlepel pesto
  • 2 eetlepel olyf olie
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Meng by die eiers, bedien koud

Pesto Tuna slaai:

  • 2 blikkies tuna
  • 1 blikkie kekkerertjies
  • ½ koppie gekerfde pietersielie
  • rooi uie na smaak
  • geroosterde rooi peppers na smaak
  • Meng die volgende:
  • 3 eetlepels pesto met
  • 2 eetlepels rooi wyn asyn

Meng deur en bedien.

Suurlemoen Pesto doopsous: (Smaak moet aangeleer word)

  • Klits  die volgende saam:
  • ½ koppie suurroom
  • 1/4 koppie elk mayonnaise, parmesaan en pesto
  • 2 eetlepels capers
  • 2 teelepels suurlemoensap en skil
  • geur met sout en swart peper, na smaak

Pesto Croutons:

  • 4 koppies brood blokkies
  • Meng saam:
  • 3 eetlepels pesto
  • 2 eetlepels olyfolie

Meng met die brood blokkies, gooi oop op bakplaat en bak vir 20 min by 180 ºC

Pesto Tamatie sop:

  • Braai 3/4 koppie sallotte en vars tiemie in bietjie botter
  • Voeg by:
  • 1 groot blik tamaties
  • 1  1/2 koppie water
  • ½ koppie room

Kook net op lae hitte deur vir 20 min. Puree in voedelsverwerker of met masher sit 3 eetlepels pesto by en bedien.

Pesto Steak smeersel:
Meng 1/4 koppie pesto, 2 eetlepels wit wyn asyn en 1 eetlepel warm water.
Smeer oor die steak terwyl jy braai of in die pan gaarmaak.

Pesto Gebraaide hoenderstukke:
Meng 1 koppie melk en ‘n halwe koppie pesto.
Giet oor die hoender stukke en laat staan vir ongeveer 30 min.
Meng meel met paprika, sout en peper.
Doop die hoenderstukke in die meelmengsels, sit rukkie in die yskas en braai in bietjie olie gaar 12-15 min of in die oond teen 180 ºC.

Pesto Lamsosaties:
Ryg blokkies lamsvleis en uie in ‘n stokkie.
Meng 1/4 koppie pesto en 1 eetlepel wit wyn asyn, marineer vir 1 uur en braai

Pesto Salm viskoekies:

  • Meng die volgende:
  • 450 g gaar gevlokte salm
  • 1 koppie broodkrummels
  • 1/4 koppie pesto
  • 1 eier
  • 1 eetlepel suurlemoenskil

Vorm koekies en braai in bietjie olie 2-3 min aan ‘n kant.
Meng tartar sous met bietjie pesto en bedien die viskoekies.

Pesto–Worsie hoender mengsel:

  • Meng  die volgende:
  • 250g fyngemaakte viennas
  • ¼ koppie pesto
  • 1 gekapte ui
  • 2 eetlepel broodkrummels
  • pecorini/parmesan kaas

Stop die mengsel onder die vel van die hoenderborsies in en bak in die oond by 180 º C ongeveer 45 min, of tot net lekker gaar.

Foto: Benhet Nieuwenhuis

2 Reviews

  1. SOPHIA

    Die olyfolie word bitter in voedselverwerker. Voeg dus olyfolie later by maar moet nooit met lemme bykom nie.
    Ook wil ek graag weet wat is doel v basilie eers in kookwater?

    • Hallo Sophia
      Dankie vir die raad van die olyfolie, maar ek het dit al telkemale gemaak met sukses, ek weet nie of jou pesto lekker gaan meng as jy nie die olie stadig inmeng terwyl die menger loop nie, maar dit is iets om te probeer. Dankie, wat sal die rede wees dat die lemme die olyfolie bitter maak asb?
      Die doel van die kookwater en dan in die yswater is dat jou basiliekruid dan baie mooi groen bly wanneer ditin die bottel is anders is dit geneig om donker te verkleur, dit werk met enige groen groente ook.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5