BALSAMIESE ASYN, KNOFFEL EN ROOSMARYN OLYWE
Na 36 dae is olywe klaar gedoen, in verseëlde 1 liter emmertjies; ± 20 tot 30 kilo stewige olywe.
30 dae in skoon water, elke dag moet water vervang word, na 30 dae, sit 6 dae in baie sterk sout water (‘n eier toets, as eier in soutwater gesit word, moet dit dadelik afsak)
Na 6 dae gooi water af en dan 1 dag in bruin druiwe asyn.
- Meng goed:
- 4 liter sterk lou water
- 8 teelepels fyn sout
- 1 koppie basamiese asyn (bruin)
Pak olywe in houer, knoffel na smaak.
Ek gebruik ‘n knoffelhuisie op ‘n emmertjie.
Giet die balsamiese asynmengsel oor die olywe en sit takkie roosmaryn bo-op die olywe.
Seël emmertjie, bêre in donker kas.
Gebruik na 2 maande.
Pikante balsamise asyn smaak, nie frank nie.
Resep en foto: Alta Gunter van Wyk