Your Recipe Blog

BALSAMIES-GEGLASUURDE BRUSSELSE SPRUITE

BALSAMIES-GEGLASUURDE BRUSSELSE SPRUITE

  • 300 g brusselse spruite, skoongemaak en gehalveer
  • 30 ml olyfolie
  • 60 ml water
  • 60 ml balsamiese asyn
  • 30 ml bruinsuiker
  • 15 ml Dijon mosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • Kosher sout
  • vars gemaalde swartpeper
  • Parmesaankaas

Verhit olie in ‘n groot pan oor medium hitte.
Voeg brusselse spruite by, plat kant na onder, en kook vir 5 minute sonder om te roer tot goudbruin op die bodem.
Voeg 60 ml water by en bedek. Laat brusselse spruite stoom tot sag, ±3 minute.
Haal spruite uit die pan en sit eenkant in ‘n bak.
Voeg asyn, suiker, mosterd en knoffel by die vloeistof in die pan, klits om te meng.
Bring tot kookpunt en kook tot dik en stroperig.
Plaas spruite terug in die pan, roer deur om te bedek en verhit deur.
Geur met sout en peper.
Strooi parmesaan kaas bo-oor.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5