Your Recipe Blog

APPELTERT VAN VARS APPELS

Recipe by
Cook: 30-40 minute

APPELTERT VAN VARS APPELS

Kom ons wees eerlik vandag. Om ‘n tert of koek te bak is nie meer goedkoop nie. As jy jou tennisbeskuitjies vir kors in ag neem, jou kondensmelk/idealmelk, tertappels, dan jou vla (vir nagereg) ensovoorts werk dit ‘n aardige bedrag uit. Toe ontdek ek die resep.

  • 3 appels, geskil, ontpit en in 1 cm blokkies gesny
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie suiker
  • knippie sout
  • 125 g botter of margarien
  • 1 eier
  • 1 teelepel bakpoeier
  • bietjie melk om deeg bietjie slapper te maak
  • Stroop:
  • 80 g margarien
  • 125 ml suiker
  • 1 koppie melk
  • room, opsioneel

Meng bruismeel, bakpoeier, suiker en sout.
Roer appelblokkies in die meelmengsel in sodat die appels met die meelmengsel bedek is.
Smelt botter en klits eier by.
Meng die bottermengsel by die appelmengsel. Indien die deeg te droog is, voeg bietjie melk by tot die deeg kan geskep word, maar nie te slap nie.
Skep in gesmeerde tertbord van ongeveer 22 x 28 cm of enige bak van jou keuse en bak by 180°C vir 35 tot 40 minute.
Toets of die appels sag en die tert gaar is.
Paar minute voor die tert uit die oond kom, smelt die margarine, voeg suiker en melk by en roer totdat die suiker opgelos is.
Skep die stroop oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.
Geniet met room of vla.

Resep en 2de foto: Annetjie van Huyssteen
Foto:  Drienie Hattingh

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5