Your Recipe Blog

APPELTERT VAN VARS APPELS MET ‘N KORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 minutes

APPELTERT VAN VARS APPELS MET ‘N KORS

Ek het vir die een “ready made” skilferkorsdeeg gebruik, maar hier is die deeg wat ek gewoonlik gebruik.

  • Deeg:
  • 350 ml koekmeel
  • 100 ml suiker
  • 200 ml botter
  • knippie sout
  • 1 eier
  • Vulsel:
  • 9 appels
  • 250 ml suiker
  • 50 ml botter
  • 5 ml kaneel

Plaas meel, suiker en sout in ‘n mengbak en sny botter in tot die mengsel soos brood krummels lyk.
Klop die eier en sit by meelmengsel in, meng tot ‘n deeg vorm, kan 15 – 30 ml water by sit indien nodig.
Vorm deeg in 2 balle een groter as die ander, rol groter bal deeg uit en druk plat in gespuite tertpan as kors.

Skil en ontpit appels. Kook hulle in warm water tot sag. Dreineer water, voeg botter by en maak appels fyn.
Sit appels terug op stoof en meng kaneel en suiker by, kook vir 5 min of tot suiker opgelos is.

Skep appelmengsel in die tertpan op die kors.
Rol kleiner bal deeg uit en plaas op appelmengsel, versier soos jy wil, ek het repe gevleg en bo-op gesit.
Voorhit oond op 190°C. Plaas in oond vir 35 – 40 min. Laat af koel en geniet.

Resep en foto: Elaine Van Staden Ras

4 Reviews

  1. Lynette Meyer

    Daars fout met die deeg resep….. Dit bly slap.. . Asof daar te veel botter is….

    • Hallo Lynette, jammer ek kom nou eers terug na jou toe, maar ek het gesukkel om die eienaar van die resep aan die hande te kry. Sy het die resep gaan opsoek en dit is reg soos dit hier bo staan. Dink jy moes dalk net die deeg bietjie in die yskas gesit het dit kan gebeur as mens met botter werk en dit is ook warm buite, veral as jy met jou hande die deeg bewerk. Jammer hieroor, maar ek hoop jy het bietjie ekstra meel ingewerk en reggekom.

  2. Andries

    Het probeer en werk lekker. Sit rosyntjies by

    Star
  3. Shari

    Lynette Meyer

    Die tipe Botter wat jy gebruik maak ook n groot verskil, met eie experience

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5