Your Recipe Blog

ALTA SE SKORSIE QUICHE

Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

ALTA SE SKORSIE QUICHE

  • 4 skorsies
  • 1 pakkie sampioene, opgekap
  • 1 medium ui, opgekap
  • 250 g gesnipperde spek
  • 4 hoender fillette, opgesny in kleiner stukkies
  • 1 medium soetrissie, opgekap
  • 250 ml room
  • 230 g spekgeur roomkaas
  • 1 pak Bacon Kips, enige geur
  • 4 eetlepels botter
  • 2 eiers
  • sout en peper, na smaak
  • 1 koppie sterk kaas, gerasper

Halveer skorsies, haal pitte uit en kook in soutwater tot sag. Laat afkoel.
Intussen braai die uie en soetrissie in bietjie olie saam tot sag. Voeg die opgekapte sampioene by en braai tot daar nie meer vloeistof uitkom nie. Voeg sout en lekker baie peper by terwyl alles braai. Skep uit in bakkie en hou eenkant.
Braai die gesnipperde spek en hoender saam tot lekker bruin. Sommer in dieselfde pan as uiemengsel.
Voeg nou weer die uiemengsel by die spek en hoender en braai saam deur. Toets of daar genoeg sout en peper bygevoeg is.  Indien nie, voeg nog bietjie by.
Skep die skorsiemoes in ‘n groterige mengbak.
Klits die room, eiers en roomkaas saam in ‘n houer.
Voeg die hoender en spekmengsel by die skorsiemoes en voeg die roommengsel by. Meng alles goed.
Maak die Bacon Kips fyn en voeg gesmelte botter by dat die krummels aan mekaar klou. Druk vas in oondvaste bak en bak so rukkie in oond om ferm te word.
Skep die skorsiemengsel bo-op die korslaag. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak quiche vir 30-35 minute by 180°C.
Laat effens afkoel tot heeltemal gestol.
Bedien saam met slaai of groente.

Resep en foto: Alta Vigus

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5