Your Recipe Blog

ALTA SE LAMSKENKELS IN DIE OOND GEBAK

Recipe by
| Servings: 8

ALTA SE LAMSKENKELS IN DIE OOND GEBAK

  • 8 heel lamskenkels
  • 1 koppie tamatie puree
  • 2 eetlepels gerasperde gemmer
  • 3 eetlepels Worcestersous
  • 2 eetlepel Soyasous
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 1 koppie blatjang
  • 16 klein uitjies, geskil met ‘n klein kruisie bo in gesny
  • 6 wortels, in stukke gesny
  • 1 takkie roosmaryn
  • ‘n paar spriete tiemie
  • 4 teelepels braaispeserye
  • 2 teelepels gerookte paprika
Was die skenkels mooi af en verwyder die los velletjies en gekleurde merke.
Braai liggies tot mooi bruin, en plaas in ‘n groot dubbel oondpan saam met die groente.
Meng al die ander bestanddele en giet bo-oor die  skenkels.
Plaas die deksel op en plaas in die oond by 180°C vir 2 ure, draai die oond af tot op 100°C.
Bak tot sag, verwyder die deksel en bak tot mooi kleur verkry.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5