Your Recipe Blog

ADENDORFF MIELIEBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2.5 uur

ADENDORFF MIELIEBROOD

Regte egte tradisionele Adendorff mieliebrood in ‘n koffieblik soos ons oupas en oumas dit gemaak het.

  • 6 koppies gemaalde mielies (Gebruik groenmielies wat se pitte al so bietjie hard is.)
  • 250 g botter
  • 1 koppie suiker
  • 3 eiers
  • 1½ teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel sout

Sny die boonste rand van ‘n koffie blik af met ‘n blikoopmaker. Smeer die koffieblik met ekstra botter.

Smelt die botter en meng al die bestanddele saam. Gooi al die bestanddele in die koffieblik tot so driekwart vol. Maak met foelie toe en bind foelie met tou vas. Maak ‘n klein gaatjie met ‘n mes in die foelie vir stoom om uit te kom. Sit die koffieblik in ‘n pot met water. Die blik moet so halfpad in die water staan. Kook/stoom stadig vir 2½ uur.
Keer uit, sny en smeer met botter.

Nota:
Baie lekker op sy eie of bedien saam met gebraaide lewer of gebraaide boerewors en ertjies.
Die gemaalde mielies kan in sakkies gegooi word en gevries word dan kan jy lekker mieliebrood in die winter ook geniet.

Dirk Adendorff – Daar kom geen meel in die mieliebrood. Dit is die oorspronklike mieliebrood wat sy oorsprong in Noord-Natal het en al van geslag tot geslag oorgedra is. As jy eers die moeite gedoen het om dit te maak, proe al die ander maar 2de klas. Die water moet net-net kook, ek sit my stoofplaat so op no. 4.

Resep en foto:  Dirk Adendorff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5