Your Recipe Blog

AARTAPPEL- EN EIERGEBAK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

AARTAPPEL- EN EIERGEBAK

  • 4 medium grootte aartappels, blokkies gesny
  • 6 geklitste eiers
  • 200 g ontbytspek, in stukkies gesny
  • 4 gerookte Vienna worsies, in stukkies gesny
  • 1 gekapte ui
  • 1 soetrissie (kleur van jou keuse), in blokkies gesny
  • 1 teelepel droë basiliekruid
  • ½ teelepel (of na smaak) cayenne peper
  • sout na smaak
  • 1 koppie Chedderkaas

Kook die aartappelblokkies in effens gesoute water tot dit net begin sag word, dreineer en hou eenkant.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n groot pan (ek gebruik ‘n wok) en braai die uie en die soetrissie daarin tot die uie begin sag word.
Voeg die spek, worsies en die aartappels by en braai saam tot die aartappels bietjie begin verkleur.
Voeg nog ‘n bietjie olie by indien nodig.  Skep die mengsel in ‘n oondbak.
Voeg die sout, peper en basieliekruid by die geklitste eiers en roer deeglik.
Giet dit oor die aartappelmengsel en strooi die kaas bo-oor.
Bak in die oond by 180ºC vir ongeveer 35 minute of tot die eiers gestol het.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete
2de foto:  Melissa Ann Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5