Your Recipe Blog

AARTAPPEL “DAUPHINE”

by Your Recipe Blog

AARTAPPEL “DAUPHINE”

Ek het dit vanaand saam met vis gemaak.
Ek kon nie regkom met die twee lepels nie, toe skep ek dit in ‘n sak knip die punt af en spuit dit direk in die olie.

  • 125 ml water
  • Knippie sout
  • 60 g botter of margarien
  • 71 g koekmeel
  • 2 eiers geklits
  • Aartappels:
  • 454 g aartappels gekook en baie fyn gemaak
  • 30 g botter
  • Sout na smaak

Bring water en sout tot kookpunt.
Verwyder van stoof voeg meel by en meng baie goed met houtlepel.
Sit terug op die stoof en meng goed tot los kom van die kante af. Haal af van die hitte af en laat afkoel.
Voeg geklitste eiers by en meng vinnig en goed.
Voeg fyn aartappels by en meng goed en vinnig.
Met twee lepels vorm silinders of gooi in sak en spuit direk in warm olie.
Bak in warm olie tot goudbruin.

Foto en resep:  Marie Grobler

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5