Your Recipe Blog

3 BESTANDDELE LEKKERTE – MARIEBESKUITJIE ROL

3 BESTANDDELE LEKKERTE – MARIEBESKUITJIE ROL

  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 1 pak Mariebeskuitjies
  • 1 sjokolade

Smeer elke Mariebeskuitjie met karamelkondensmelk en plak opmekaar (toringtjie).
Maak mooi toe in kleefplastiek en laat ‘n paar uur of oornag in die yskas.
Smeer nou die ekstra kondensmelk rondom en rol in gerasperde sjokolade, neute/klapper kan ook gebruik word.
Sny dan SKUINS snye en geniet. (sien foto)

(Laat die rol reguit voor jou lê. Draai jou mes se lem sodat dit van links na regs skuins op die rol is en sny. Die eerste stukkie gaan klein wees maar daarna gaan die skywe almal dieselfde grootte wees en egalig.)

Geplaas deur Santie Carelse
Foto: Santie Carelse

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5