Your Recipe Blog

2-BESTANDDELE AERO-SJOKOLADEFUDGE

| Servings: 45 blokkies

2-BESTANDDELE AERO-SJOKOLADEFUDGE

Ek het die 2-bestanddeel fudge probeer en gemaak en dis hemels. Resep gebruik net Aero en kondensmelk as bestanddele. Ek gaan beslis weer maak!

  • 340 g Aero sjokolade, gerasper (dis 2 groot plakke van 135 g elk en 2 kleintjies van 40 g elk)
  • 1 x 385 g blik kondensmelk

Plaas die sjokolade en kondensmelk saam in ‘n mikrogolf oondbak en smelt in mikrogolf teen hoë hitte vir 3 tot 4 minute of tot net gesmelt.
Roer gereeld en moenie laat dit kook nie. Wanneer die mengsel gesmelt is, giet oor in 30 x 25 cm bak wat vooraf met bakpapier gevoer is en laat stol in yskas vir 1 uur.
Sny in blokkies en geniet – dis hemels.
Resep lewer 45 blokkies van 1.5 cm dik.

Resep gepos deur Abraham Burger Tinderholm
Foto: Abraham Burger Tinderholm

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5